Doop, troues en begrafnisse

 

Doop

Elke eerste Sondag van ‘n maand is Doopsondag. Daar word elke maand een gesamentlike doopgesprek met die ouers gehou. Die betrokke leraar wat die doopsondag preek sal die gesprek fasiliteer.

Kontak die kerkkantoor om die datum van die doopgesprek te bevestig:
017 631 3470 of kerkkantoor@rondekerk.co.za
Stuur asseblief ook die geboortesertifikaat en ‘n foto (elektronies) van die dopeling voor of op die dag van die doopgesprek na die kerkkantoor.
Doop datums vir 2016:
14 Februarie 2016 - Uitsondering agv gemeentekamp
6 Maart 2016
3 April 2016
1 Mei 2016
5 Junie 2016
3 Julie 2016
7 Augustus 2016
4 September 2016
2 Oktober 2016
6 November 2016
4 Desember 2016

 

Troues

  1. Kontak die kerkkantoor by (017) 631-3470 om die datum van die troue te bevestig. Die betaling vir die huur van die kerk ensovoorts moet minstens twee maande voor die tyd geskied.
  2. Die bruidspaar moet minstens twee weke voor hul troudatum ‘n afspraak met die koster maak om die finale reëlings vir die dag te bespreek.
  3. Die kerk word slegs een uur voor die seremonie oopgesluit. Indien daar verlang word dat die kerk twee ure voor die seremonie oopgesluit moet word, is daar ‘n addisionele koste van R150.
  4. Dit is die verantwoordelikheid van die bruidspaar om self reëlings met die orrelis, klank- en projektorspan te tref.

 

Begrafnisse

1. Kontak die kerkkantoor by (017) 631-3470 om die datum van die begrafnis te bevestig.
2. Die betaling vir die huur van die kerk ensovoorts geskied op die dag van die begrafnis.
3. Die familie moet so gou moontlik vir Anne Human by die Rondekerk kom sien om die reëlings vir die dag te bespreek.
4. Begrafnisse word slegs op weeksdae gehou.
5. Tee, koffie en suiker word voorsien. Die familie is self verantwoordelik vir die eetgoed tydens die begrafnis.
Gedenkmuur:
Nussies beloop R1500. Indien jy een nussie koop vir meer as een persoon is die R1500 vir die 1e persoon, R1000 vir 2e en R700 vir 3e persoon of persone daarna. Die prys sluit nie die marmerdeksel of die installasie daarvan in nie. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Begrafnisse

2 Oktober
- Jannie Pretorius

Doop

September
- Benjamin Robinson
- Juvan De Beer

Oktober
- Helen Mac Robert
- Iva Stopforth


Kontak ons vir meer inligting

Stuur e-pos