

Klassiekediens
Die klassieke elemente van 'n erediens is sang saam met 'n orrel. Dienste vind Sondae plaas in die Rondekerk om 08:00 - 09:00 en by Filadelfia kerk vanaf 09:30 tot 10:30.
(Die Filadelfia kerk is in Sunsetpark geleë, op die h/v Langkloof str en Sandveld str, geen eredienste tydens skoolvakansies nie)
Communitasdiens
'n Erediens met 'n informele karakter. Veral gerig op gesinne met al die elemente van ’n erediens. Sang word begelei deur 'n orkes "band” met kitare, dromme ens. Dienste vind Sondae plaas om 10:00 - 11:00.
Aanddiens
'n Erediens met 'n informele karakter. Veral gerig op jong volwassenes, maar is oop vir almal. Sang word begelei deur 'n orkes "band” met kitare, dromme ens. Dienste vind plaas Sondae aande in die Rondekerk vanaf 18:30 tot 19:30.
Click-dienste
Een keer per maand is daar ‘n diens met ‘n lekker tema wat gerig is op ons tieners. Daar is verversings, decor en lekker musiek Almal is welkom en dit word hoog aanbeveel. Hou die afkondigingsdop vir datums!
Kinder-en kleuterkerk
Kerk vir kinders tussen die ouderdom Gr 0 – 7 op 'n kreatiewe manier saam met poppekas en speletjies. Sondae by die Rondekerk tydens die oggendienste 08:00 of 10:00.
Preke op CD
Erediens preke is beskikbaar op CD @ R10. Kontak Liezl by die kerkkantoor 017 631 3470 of liezl@rondekerk.co.za
Doop
Elke eerste Sondag van 'n maand is doop Sondag. Kontak ‘n predikant i.v.m doopgesprek. Onthou om asb ten minste een week voor die tyd ’n foto van u baba asook u baba se geboortesertifikaat na die kerkkantoor te bring.
Huweliksbevestiging
1. Kontak die kerkkantoor (017 631 3470) om die datum van die troue te bevestig.
2. Die betaling van die koste vir die huur van die kerk ens moet ten minste twee maande voor die tyd geskied.
3. Die bruidspaar moet ‘n afspraak met die koster maak vir ten minste twee weke voor die troudatum om die finale reëlings vir die dag te bespreek.
4. Die kerk word net een uur voor die seremonie oopgesluit, indien twee ure voor die seremonie is daar ‘n addisionele koste van R125.
5. Dit is die verantwoordelikheid van die bruidspaar om self reëlings te tref mbt die orrelis, klankspan of projektorspan.
6. Die koste vir ‘n troue is soos volg:
|
|
Lidmate van die Rondekerk |
Nie lidmate van die Rondekerk |
|
Huur van kerk |
Gratis |
R150 |
|
Koster |
R300 |
R400 |
|
Orrelis |
R300 |
R400 |
|
Klankspan (speel van CD) |
R200 |
R200 |
|
Projektorspan (wys van fotos en ander grafika op groot skerm voor in kerk) |
R200 |
R200 |
|
Knielkussing |
Gratis |
Gratis |
Belangrike kontaknommers
Koster: Pieter Retief 017 631 3470 / 017 631 3603 (h)
Orrelis: Amor Louw 017 634 2321 (h)
Klankspan: Piet Ferreira 082 460 8256 / 017 634 6765 (h)
Projektorspan: Van Zyl Joubert 084 551 1204 / 017 631 4730 (h)
Begrafnisse
1. Kontak die kerkkantoor (017 631 3470) om die datum van die begrafnis te bevestig.
2. Die betaling van die koste vir die huur van die kerk ens geskied op die dag van die begrafnis.
3. Die familie moet so spoedig moontlik Anne Human by die Rondekerk kom sien om die reëlings vir die dag te bespreek.
4. Begrafnisse word slegs op weeksdae gehou.
5. Tee, koffie en suiker word voorsien maar die familie is self verantwoordelik vir die eetgoed tydens die begrafnis.
6. Die koste vir ‘n begrafnis is as volg:
|
|
Lidmate van die Rondekerk |
Nie lidmate van die Rondekerk |
|
Huur van kerk |
Gratis |
R150 |
|
Koster |
R300 |
R400 |
|
Orrelis |
R300 |
R400 |
|
Klankspan (speel van CD) |
R200 |
R200 |
|
Projektorspan (wys van fotos en ander grafika op groot skerm voor in kerk) |
R200 |
R200 |
Belangrike kontaknommers
Kerkkantoor: 017 631 3470
Koster: Pieter Retief 017 631 3470 / 017 631 3603 (h)
Orrelis: Amor Louw 017 634 2321 (h)
Klankspan: Piet Ferreira 082 460 8256 / 017 634 6765 (h)
Projektorspan: Van Zyl Joubert 084 551 1204 / 017 631 4730 (h)
Belydenis aflegging
Indien u as gemeentelid graag belydenis van geloof wil aflê kan u, u predikant kontak vir nodige gesprekke en reëlings.
Lidmaatinligting
Indien u lidmaat inligting verander het kontak asb die Rondekerk se kerkkantoor by 017 631 3470 of stuur ’n e-pos na kerkkantoor@rondekerk.co.za om inligting op te dateer.
Nuwe intrekkers
Nuwe intrekkers is welkom om:
Bankbesonderhede
Dankoffers:
Rekeningnr: 1510151506, takkode: 630244
(Spesifiseer asb van wie die inbetaling kom, of waarvoor die inbetaling is)
Sending:
· Internet Betaling: NG Sendingprojek: ABSA tjekrekening 1510591107, takkode:630244.
· Koevertjies vir Maranatha-fonds by deure beskikbaar.
Ark Boufonds:
· NG Kerk Secunda Boufonds, ABSA Tjekrekeningnommer 4072698748
Takkode:630244
House of Mercy:
· Standard Bank Secunda Tjekrekening: 030204224 takkode:053444