

Bedieninge is geleenthede wat die kerk skep sodat gemeentelede ’n verskil kan maak in hul omgewing en in die wêreld deur gebruik te maak van hul God gegewe gawes.
JEUG; LOFPRYSING; EREDIENS; KLEINGROEP; GEBED; GEMEENTE; ROER (KWARTAALBLAD); OMSIENERS; JUBILATE BOEKWINKEL; RONDEFEES; GEMEENTEKAMP; KERSSANGDIENS; SENDING; HOSPITAALBESOEKE; DIENS VAN BEHARMHARTIGHEID; HOUSE OF MERCY; DRA MEKAAR; NAGMAAL EN INLIGTINGSTOONBANK
GEBED .
Raak betrokke by die hart van die kerk, die koördinering van gebedsversoeke of as lid van ’n gebedsketting of intersessors. Indien jy ’n gebedsversoek het stuur ’n sms na 076 723 0080. Die gebedsversoek sal aan die intersessors per sms versprei word.
Ander gebedsaktiwiteite in die gemeente:
|
Wanneer |
Waar |
Waarvoor | |
|
Maandae-oggende |
06:00 |
Gebedskapel |
Sending |
|
Elke Dinsdagaand |
18:30 |
Gebedskapel |
Intersessors |
|
Woensdae-oggende |
06:00 |
Gebedskapel |
Manne-biduur |
|
Sondae-oggende |
07:30 |
Gebedskapel |
Eredienste |
|
Sondae-aande |
18:00 |
Gebedskapel |
Eredienste |
(Gebedskapel is in die Rondekerk)
Toewyding: Ongeveer 1 uur per week.
Ons verwelkom: Enige persone wat graag betrokke wil raak.
Kontak persone:
Ds De Bruin Krog: 071 685 2754 E-pos: debruin@rondekerk.co.za
Rassie Claassen: 082 828 3455 Epos: erasmus.claassen@sasol.com
LOFPRYSING .
Word deel van 'n groep wat jou help om jou musikale gawes te ontdek en aan te wend in verskillende musiekbedieningsareas in die gemeente. Daar is 2 opsies, word deel van die informele lofprysing begeleidingsgroep tydens die Communitasdiens (10:00) en die aanddienste wat gepaard gaan met dromme, kitaar, klavier ens. Of raak deel van die formele oggenddiens lofprysingsgroep wat gepaard gaan met ’n orrel en koor.
Toewyding: Informele lofprysing werk op rotasie basis elke 2de Sondae
vanaf 16:00 tot 20:00 en oefen Donderdae vanaf 19:00 tot 21:30. Formele lofprysing oefen Sondaemiddae om 16:30 by Von Wiellighstraat 12.
Ons verwelkom: Enige iemand wat musiekinstrumente kan speel en stemme het. Ons benodig alle hulp aangesien ons meer op 'n rotasie basis wil werk.
Kontakpersone:
Formele lofprysing:
Amor Louw: 084 209 4845 E-pos: jan@rondekerk.co.za (Rondekerk)
Informele lofprysing:
Corien de Klerk: 082 788 3910 E-pos: corien.deklerk@gmail.com (Rondekerk)
EREDIENSTE .
Die bediening se rol is hoofsaaklik om te verseker dat eredienste ordelik en sinvol verloop. Hulle beheer die klank en beligting asook die projektor. Die erediensbediening het ook 'n koördineringsrol om te vervul aangesien ander bedieninge soos, lofprysing, kinders-en kleuterkerk ens. deel uitmaak van die eredienste.
Toewyding: Ongeveer 1 uur tydens Sondae eredienste.
Ons verwelkom: Ons benodig persone om op rotasie basis die klank & beligting en projektor te bedryf.
Kontakpersone:
Klank-en-beligting:
Piet Ferreira: 082 460 8256 E-pos: piet_ferreira@mweb.co.za
Projektor:
Van Zyl Joubert: 084 551 1204 E-pos: vanzylj@lantic.net
JEUG .
Bediening wat deur middel van "kom kyk” geleenthede met kreatiwiteit en pret jongmense kan motiveer tot navolgers van Christus ten einde jongmense te ontwikkel tot dissipels wat onder leding van dissipelmakersleiers in kleingroepies opgeneem en ontwikkel word.
Kategese aksies:
Klub Levi: Hierdie is ‘n smul lekker geleentheid vir Gr 0 -6 om in ‘n kleingroep meer van die Here te kom leer. Sondae 09:00 tot 10:00 by die Rondekerk.
Senior Levi: ‘n Spicy geleentheid vir Gr 7 -9 waar daar in groep geleenthede oor die lewe en ons geloof in God gesels word. Sondae 17:00 - 18:00 by die Rondekerk.
Belydenisgroepe: Gr 10 Sondag om 17:00 by die Rondekerk
Gr 11 Sondag 0m 17:00 by die Rondekerk
Gr 10 en 11 koshuiskinders 09:00 - 10:00 by die Rondekerk
Aksies tydens kerktyd:
Kleuterkerk: Alle voorskoolse kinders is welkom by die lekker manier van kerk hou. Sondae om 08:00 en 10:00 tydens die erediens by die Rondekerk.
Kinderkerk: Hoe klink kerkhou met poppekas en speletjies? Alle kinders van Gr 1-3 is welkom. Sondae om 08:00 en 10:00 tydens die erediens by die Rondekerk.
Click (tienerdienste): Ons cherry op die koek! Een keer per maand is daar ‘n diens met ‘n lekker tema wat gerig is op ons tieners. Daar is verversings, decor en lekker musiek Almal is welkom en dit word hoog aanbeveel. Hou die afkondigingsdop vir datums!
Aksies tydens die week:
Ons jong klomp het mos baie energie, so hier is nog aksies deur die loop van die jaar.
Jeugweek: Daar is twee jeugweke per jaar. Een vir die juniors en dan een vir die seniors. Ons kry gaskunstenaars wat kom optree om die evangelie op ‘n fun manier vir ons jeug oor te dra.
Kampe: Gr 4 - 11 en jeuguitreik. Die jeug pak elke jaar hul tente en tassies om sendelinge in afgeleë plekke te gaan besoek. Hulle help onder andere met die aanbied van jeugaksies vir die kinders naby sendingstasies en die oprigting van geboue. Self gate grawe is vir die jeug nie te veel gevra nie.
Ons verwelkom enige hulp, veral kategese leiers, die organisering van aktiwiteite, kreatiwiteit en enige skryfbehoefte skenkings.
Kontakpersone:
Lizelle Venter 083 564 6113 E-pos: Lizelle@rondekerk.co.za
Dot Maree 084 516 0964
Dit is die hoogtepunt van Christen wees, want dit is hier waar jy die geleentheid kry om geestelik te groei in God se liefde. 'n Kleingroep is 'n groep mense met dieselfde belangstellings wat weekliks bymekaar kom om saam Bybelstudie te doen en te kuier.
Toewyding: Wissel na gelang van kleingroep, ongeveer 1 aand per week.
Ons verwelkom: Persone wat deel wil wees van 'n kleingroep of hul eie
kleingroep wil begin.
Kontakpersone:
Emil du Toit: 082 888 4343 E-pos: emil.dutoit@sasol.com
JUBILATE BOEKWINKEL .
Christelike boeke, cd's en dvd's word Sondae voor en na die eredienste verkoop teen kosprys. Daar is ook Joyce Meyer boeke en cd's wat op uitleen basis gebruik kan word.
Toewyding: Op rotasie basis. 09:00 - 10:00 Sondag
Ons verwelkom: Enige iemand wat op rotasie basis die boekwinkel kan beman.
Kontakpersone:
Linda Coetzee: 083 227 8419 E-pos: lindac@lantic.net
NAGMAAL EN VERWELKOMING .
Verwelkom gemeentelede by die deure en beman die inligtingstoonbank. So word verseker dat die gemeentelede goed ingelig en toegerus is en welkom voel. Of help met die voorbereiding van nagmaal een keer per kwartaal. Ideale geleentheid vir Kleingroepe om betrokke te raak.
Toewyding: Op rotasiebasis 10 min voor- en na eredienste, ongeveer 3 ure per kwartaal vir nagmaal voorbereiding.
Ons verwelkom: Enige hulp.
Kontakpersone:
Neels Hattingh: 082 461 5303 E-pos: neels.hattingh@sasol.com (Nagmaal)
ROER .
As kreatiwiteit en oorspronklikheid jou sielskos is, is ROER die plek vir jou om jou gawes uit te leef. Bemark kerkaksies in ons gemeente. Help met die uitleg en voorbereiding vir die nuusbrief/afkondigings/web/almanak.
Toewyding: Wisselend.
Ons verwelkom: Alle persone wat betrokke wil wees of wat CorelDraw/Power Point vaardig is.
Kontakpersoon: Liezl Jansen van Rensburg: 017 631 3470 E-pos: liezl@rondekerk.co.za
OMSIENERS .
Omsieners is mense wat gemeentelede versorg deur hul een keer per kwartaal by hul huise te besoek en nodige kerk inligting oor te dra. Hulle vervang nie die dominee of ouderling besoeke nie. Indien u wel graag deur 'n dominee of ouderling besoek wil word, noem dit aan die omsiener. Aangesien daar meer as 970 besoekpunte in die gemeente is, is dit nie moontlik vir die dominees om al die huise te besoek nie.
Toewyding: Kerkinligting af te lewer by 3 huise een keer per kwartaal.
Ons verwelkom: Enige hulp.
Kontakpersoon: Ds Jan Louw: 082 346 7006 E-pos: jan@rondekerk.co.za
GEMEENTE .
Hierdie bediening is verantwoordelik vir die voorsiening van geestelike toerusting vir lidmate om die Evangelie te kan deel. Julle bied dus kursusse aan om gemeentelede te kan toerus om die Evangelie te verkondig en voorsien die gemeente van geestelike toerusting d.m.v sprekers en seminare.
Toewyding: Wisselend.
Ons verwelkom: Enige hulp.
Kontakpersoon:
RONDEFEES .
Sekerlik een van die lekkerste saamkuier-aksies van die kerk. Kom help met die kreatiewe beplanning en koödinering van die Rondefees.
Toewyding: Wisselend. Rondefees vind plaas tydens die derde kwartaal.
Ons verwelkom: Enige hulp, veral tydens die feesdag self.
Kontakpersoon:
Alrina Steenkamp: 017 634 5567 E-pos: alrinasteenkamp@lantic.net
GEMEENTEKAMP .
Daar is elke jaar 'n gemeente wegbreek naweek. Tydens hierdie naweek kuier die gemeente saam. Daar is geen formele program nie, maar daar is wel Bybelstudie en christelike vermaak vir kinders. Geniet 'n lekker saamkuier-aksie.
Toewyding: Reëlings tref vir een naweek per jaar.
Ons verwelkom: Enige hulp met koördinering en beplaning.
Kontakpersoon:
Pieter van der Westhuizen:
082 777 5450 E-pos: pieter.vanderwesthuizen@sasol.com
KERSSANGDIENS .
Elke jaar word daar 'n spesiale diens gehou net voor Kersfees. Dit is een erediens wat groot aftrek geniet. Die kerssangdiens-span doen baie maande se vooruit beplanning om die geleenheid uiters spesiaal te maak.
Toewyding: Wisselend
Ons verwelkom: Enige hulp, veral kreatiwiteit en handvaardigheid.
Kontakpersoon:
Corien de Klerk: 082 788 3910 E-pos: corien.deklerk@gmail.com
Sendelinge het ondersteuning nodig en dit is presies wat die bediening doen. Hulle ondersteun tans 22 sendelinge geestelik, deur middel van gebed, e-pos, briewe, sending eredienste en kuierasksies asook finansieel.
Toewyding: 1 vergadering per maand, weeklikse biduur.
Ons verwelkom: Gebed, emosionele steun deur Kleingroepe aan sendelinge, finansies, ander gawes waarmee jy sendelinge kan bedien.
Kontakpersone:
Low de Vries: 017 634 5379 E-pos: lowline@telkomsa.net
Mariska Meyer (Sending koördineerder): 071 340 7778 E-pos: sending@rondekerk.co.za
HOSPITAALBESOEK .
Bemoedig siek mense in die hospitaal deur vir hulle te gaan kuier. Luister met 'n simpatieke oor. Verteenwoordig die Here deur die siekes by te staan en te wys iemand, ’n Christen soos jy gee om en dink aan hulle. Lees 'n Bybelversie en bid vir die pasiënte.
Toewyding: 2 ure per week.
Ons verwelkom: Enige hulp veral met kanker pasiënte en opvolg besoeke by die huis.
Kontakpersoon:
Janette Pretorius: 072 299 5385 E-pos: ivan.pretorius@telkomsa.net
DIENS VAN BEHARMHARTIGHEID .
Ons lewer 'n ondersteuningsdiens aan die maatskaplike werkers van die CMR (Christelike Maatskaplike Raad). 'n Geïntergreerde maatskaplike diens word gelewer om fisiese en geestelike nood te hanteer of te verwys.
Ondersteuning wanneer nodig:
· Huis Janelle: 'n Huis van veiligheid en beskerming vir kinders in moeike huislike omstandighede.
· Pullenshope: Tuiste vir behoeftige geestesversteurde volwassenes.
· Siyabonga Huis: 'n Kinderhuis in Hendrina vir gestremde weeskinders.
· Abramkriel kinderhuis: Kinderhuis
Ondersteun deurentyd:
· CMR (Christelike Maatskaplike Raad): Verleen fisiese en geestelike hulp aan behoeftige mense in die Secunda omgewing.
· Davies Hof: Staatspensionarisse van Davies Hof in Secunda word ondersteun.
· Naaldwerkdames: Dames wat Donderdae-oggende sweetpakkies en truie maak vir behoeftiges.
Toewyding: Op 'n deurlopende basis soos benodig.
Ons verwelkom: Almal met 'n hart vir die nood in die gemeenskap,
ondersteuningsgroepe vir mense wat blootgestel is aan geweld asook pleegouerondersteuning en insamel van kos en klere.
Kontakpersone:
Linda vd Bank: 082 462 5949 E-pos: Linda.vanderbank@telkomsa.net
Marieta du Toit: 083 611 3022 E-pos: sareldutoit@sasol.com
HOUSE OF MERCY .
House of Mercy is 'n interkerklike uitreik aksie na die gemeenskap in Embalenhle en bestaan uit 3 hoof projekte;
· Edwaleni kinderprojek: Waar kinders in die gemeenskap bedien word met 'n geestelike program, organiseerde speletjies en 'n maaltyd. (in samewerking met ander gemeentes in Secunda)
· Phanhamang Vroue Projek: Waar ons vroue bemagtig deur vir hul handwerkaktiwiteite (naaldwerk, bak, kook, brei, ens) aan te leer.
· Vigs/wees-kinders van House of Mercy: Waar ons aan die kinders se fisiese-, emosionele- en geestelike behoeftes probeer voorsien.
Toewyding: Wisselend: 1 Saterdagoggend per maand, 1 vergadering per maand, of na gelang van aktiwiteit.
Ons verwelkom: Enige hulp met organisering, kos (maak/vervoer/verpak), opleiding, sortering van klere, groentetuin maak, herstelwerk ens.
Kontakpersoon:
Anne Human 017 631 3470 E-pos: anne@rondekerk.co.za
Christine Visser 017 634 5174 E-pos: christineag@absamail.co.za
DRA MEKAAR .
Bejaarde mense kom elke tweede Woensdag by NG Secunda-Oos bymekaar. Hulle word bedien met die Woord en bedien mekaar met bemoedigende woorde. Daar word speletjies gespeel en pannekoek gebak elke einde van die maand om kostes vir 'n jaarlikse vakansie te verlaag.
Toewyding: 10:00 – 12:00 elke 2de week.
Ons verwelkom: Enige bejaardes.
Kontakpersoon: Oom Spierie Groenewald: 017 631 3439 of 084 383 2495