Welkom by die Rondekerk NG Gemeente Secunda.


Die Rondekerk is ’n gemeente in Christus met ’n passie vir mekaar en God se Koninkryk in die węreld. God se Koninkryk waarvoor ons geroep word,  gaan oor:


  • Die evangelie aan alle mense te bring,
  • Genesing vir die siekes,
  • Ondersteuning aan gestremdes,
  • Hulp aan die behoeftiges,
  • Geregtigheid aan die onderdruktes en
  • Troos aan die ongelukkiges.

Ons is ’n praktiese gemeente, wat uit gaan en mense in Christus bou tot medewerkers vir God se nuwe węreld. Na aanleiding van Hand.1:8 wil ons dié gemeente (tesame met ander gemeentes in Secunda) geestelik en prakties mobiliseer om die nood in die omgewing, Mpumalanga en die węreld te verlig.


Soos wat Jesus aan ons ’n voorbeeld was en diens gelewer het, wil ons ook ’n diens lewer aan die gemeenskap. Ons wil as gelowiges uit genade ’n pad  stap van:


  • Geestelike groei;
  • Ontdekking van gawes en roeping;
  • Diensbaarheid aan God en
  • Ervaring van Christelike en innerlike vrede en liefde.









Rondefees en Inwyding van ARK

Ons is ‘n gemeente in Christus met ’n passie vir mekaar en God se Koninkryk in die węreld.


Gaan uit en bou mense op tot medewerkers vir God se nuwe węreld.


Mobiliseer ons gemeente en ander gemeentes in Secunda om te fokus op die nood in ons omgewing,  Mpumalanga en die węreld en dit te verlig.

(Hand. 1:8)



1. Uit genade gered

Ons glo dat ons uit genade alleen gered is, op grond van Jesus se kruisdood.

(Ef. 2:8 en HK Sondag 7)


2. Gebed

Ons glo dat gelowige gebed ‘n kragtige uitwerking het, daarom staan ons gebeds-

bediening sentraal in alles wat ons doen.

(Ef. 6:18 -19; Jak. 5:16b; Kol. 4:2-4)


3. Gawes en diens

Ons glo God gee aan elke lidmaat gawes, daarom is ons verplig om Hom in die Kerk en in die węreld daarmee te dien.

(Jak. 2:26; 1Kor. 12;4-5)


4. Geestelike groei

Ons glo dat elke lidmaat ‘n Goddelike opdrag en verantwoordelikheid het om geestelik te groei.

(Matt. 5:48; Heb. 6:1)


5. Kleingroepe

Ons glo dat die  gemeenskap van gelowiges die beste uitgeleef kan word in kleingroepe waar lidmate mekaar bemoedig en

aanmoedig in onderlinge verhoudinge tot geestelike groei.

(Kol. 2:2)


6. Gereformeerde vernuwing

Ons glo aan ‘n eietydse gereformeerde identiteit waarin die Woord sentraal staan. Die veranderende węreld vereis dat ons altyd nuwe maniere sal vind om die Woord doeltreffend uit te dra.

(2 Tim. 3:16)


7. Eredienste en prediking

Ons glo aan ‘n inspirerende ontmoeting met God in die eredienste wat ons daaglikse lewe vernuwe. Dit geskied deur sangbediening en    

Woordverkondiging.

(Ef. 4:12; Kol. 1:28; 1 Pet. 4:11; 1 Kor. 14:3-4)


8. Leierskap

Ons glo dat lidmate tot geestelike volwassenheid in Christus sal groei onder die leiding van toegeruste en geesvervulde leiers wat mense deur hul voorbeeld sal dien.  Hierin sal ‘n inspirerende en deel- nemende leraarspan ‘n prominente rol speel.

(1 Tim. 3:1-7)


9. Getuig en die uitbou van die Koninkryk

Ons glo dat die Kerk en elke lidmaat ‘n opdrag van die Here Jesus het tot evangeli- sasie en węreldsending, waarby elke lidmaat persoonlik betrokke moet wees.

(Hand. 1:8-9)


10. Uitnemendheid

Gee jou beste vir die Here in alles wat jy doen!

(Kol. 3.23)