EREDIENSTYE

26 Februarie 2012

Klassiekediens 

08:00

Ds Francois Human

Rondekerk


Filadienste
Gestaak 


Communitasdiens 

10:00

Ds De Bruin Krog

 

Rondekerk

Aanddiens
18:30
Ds De Bruin Krog Rondekerk

ALGEMENE

AFKONDIGINGS


Afskeidspreek 

Dr Koos Gerber

18 Maart 2012



Wereldbiddag vir vroue
2 Maart 2012
10:00
NG Gemeente Secunda Goedehoop
Spreker: Maretha Maartens
Toegang gratis.
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

Gebedsversoeke

 

 

·        Dan Steenkamp se gesonheid het die afgelope tyd baie verswak, ons bid vir hom en sy vrou Petro.

·        Oom Spierie en tannie Marita Groenewald se seun Barend is oorlede. Ons gebede is by hulle dat God hul sal vertroos.

·        Johan Kemp is in die Hospitaal in Pretoria, ons bid hom ‘n spoedige herstel toe.

·        Daar is talle kankerlyers in ons gemeente, ons bid hierdie week spesifiek vir Rita Steyn en Gerda de Wet. Krag word hul toegebid.

·        Die beroepingsproses is byna afgehandel, ds Henry Stopforth moet nou antwoord op die beroep ons bid dat hy ‘n besluit volgens God se wil sal neem.   

·        Daar is talle van ons gemeentelede wat groot werksdruk ervaar. Ons bid dat elke individu krag sal ontvang om die situasies te hanteer en dat hulle gesinne ook beskerm sal wees.

·        Dolly Marais het steeds ‘n baie swaar las wat sy dra. Ons bid vir haar vir pynverligting.

·        Ria Krog is deur ‘n hond gebyt en haar ringvinger ernstig beseer. Sy ervaar pyn, maar dit lyk of haar vinger redelik goed genees.


Indien jy weet van sake waarvoor ons in die gemeente kan bid skakel Liezl by die kerkkantoor. (017 631 3470)




Kategese 


Alle skoolgaande kinders baie welkom! 

 

Laerskool kinders 

Sondagoggend 09:00 

opening in die meerdoelsentrum (bo in ARK). 

 

Hoërskoolkinders 

Sondagmiddag 17:00

by die kerk. 

 

 

  

 

 

 

 

 

 

 



 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maranatha Gebedsversoeke

 

 

-        Bid saam met Maria Visser (PETRA KOLLEGE, DE DOORNS) vir die komende opleiding in Alexanderbaai asook haar DCM korrespondensie kursus en dat die trauma werk wat hulle doen onder kinders van die FJ Conradie skool suksesvol sal wees.

-        Bid saam met Paul Stoltz (BCC) vir ‘n belangrike vergadering wat gehou word om te bepaal wat die toekoms gaan wees van die opleidings kollege. Hul

moet besluit of die kollege  heeltemal gaan sluit en of daar voortgegaan sal word met ‘n satteliet kampus.              

-        Bid vir Corne du Plooy (FRANKRYK) wie ‘n Teologiese konferensie by Aix- en-Provence moet gaan bywoon vir wysheid en dat hy nuwe visie sal kry vir hul bediening aangesien hy onlangs weer ‘n nuwe beroep na ‘n ander gemeente naby Marseille gekry het. Bid ook vir hul voorbereidings om gedurende Maart maand ‘n huwelik- en gesinsfokus te hou.