
Ons is ‘n gemeente in Christus met ’n passie vir mekaar en God se Koninkryk in die węreld.

Gaan uit en bou mense op tot medewerkers vir God se nuwe węreld.

Mobiliseer ons gemeente en ander gemeentes in Secunda om te fokus op die nood in ons omgewing, Mpumalanga en die węreld en dit te verlig.
(Hand. 1:8)

1. Uit genade gered
Ons glo dat ons uit genade alleen gered is, op grond van Jesus se kruisdood.
(Ef. 2:8 en HK Sondag 7)
2. Gebed
Ons glo dat gelowige gebed ‘n kragtige uitwerking het, daarom staan ons gebeds-
bediening sentraal in alles wat ons doen.
(Ef. 6:18 -19; Jak. 5:16b; Kol. 4:2-4)
3. Gawes en diens
Ons glo God gee aan elke lidmaat gawes, daarom is ons verplig om Hom in die Kerk en in die węreld daarmee te dien.
(Jak. 2:26; 1Kor. 12;4-5)
4. Geestelike groei
Ons glo dat elke lidmaat ‘n Goddelike opdrag en verantwoordelikheid het om geestelik te groei.
(Matt. 5:48; Heb. 6:1)
5. Kleingroepe
Ons glo dat die gemeenskap van gelowiges die beste uitgeleef kan word in kleingroepe waar lidmate mekaar bemoedig en
aanmoedig in onderlinge verhoudinge tot geestelike groei.
(Kol. 2:2)
6. Gereformeerde vernuwing
Ons glo aan ‘n eietydse gereformeerde identiteit waarin die Woord sentraal staan. Die veranderende węreld vereis dat ons altyd nuwe maniere sal vind om die Woord doeltreffend uit te dra.
(2 Tim. 3:16)
7. Eredienste en prediking
Ons glo aan ‘n inspirerende ontmoeting met God in die eredienste wat ons daaglikse lewe vernuwe. Dit geskied deur sangbediening en
Woordverkondiging.
(Ef. 4:12; Kol. 1:28; 1 Pet. 4:11; 1 Kor. 14:3-4)
8. Leierskap
Ons glo dat lidmate tot geestelike volwassenheid in Christus sal groei onder die leiding van toegeruste en geesvervulde leiers wat mense deur hul voorbeeld sal dien. Hierin sal ‘n inspirerende en deel- nemende leraarspan ‘n prominente rol speel.
(1 Tim. 3:1-7)
9. Getuig en die uitbou van die Koninkryk
Ons glo dat die Kerk en elke lidmaat ‘n opdrag van die Here Jesus het tot evangeli- sasie en węreldsending, waarby elke lidmaat persoonlik betrokke moet wees.
(Hand. 1:8-9)
10. Uitnemendheid
Gee jou beste vir die Here in alles wat jy doen!
(Kol. 3.23)
|